4DEADHOLD – die ideale skietstok.

Toe ek leer skiet het moes ek op my pens lê om behoorlike dooierus te kry. Wanneer daar na ‘n duif of haas geskiet is het ek altyd probeer om die naaste boom of klip te bereik om my geweer daaroor te rus. Dit was ongelukkig nie altyd moontlik nie veral as mens langs die mielielande geloop het en die tarentale kom so een-vir-een uitgestap, dan was daar nie tyd om dooierus te soek nie, en gewoonlik was die gras te lank op op jou pens te lê. Jy het dus‘n keuse gehad, of jy skiet of jy los dit. Meer as een keer was my skote mis en meer as een keer het ek besluit om nie te skiet nie want hulle was doodeenvoudig te vêr om staande sonder ‘n rus te skiet.

Toe ek later van tyd begin jag het en bosveld wild geskiet het, het ek baie keer ‘n dun en ligte, reguit takopgetel en saam met my gedra om dooierus oor te vat. Daardie dae het wildboere nog jagters toegelaat om alleen , sonder ‘n gids, te jag. Die tak het goed gewerk en dit het verseker my akkuraathied verbeter.

Deesdae laat bitter min wildboere enige jagter toe om alleen te jag, daar moet altyd ‘n gids by wees. ‘n Gids is van onskatbare waarde vir jagters veral vir die van ons wat in die stad bly en nie so gereeld in die bos kom nie. Hulle sien die wild baie makliker raak en weet om wat te doen met elke jagter.

Met die koms van skietstokke wat kan uittrek en op enige plek vining as dooirus opgestel kan word het die gids ook sommer nog ‘n taak bygekry – hy moet die skietstok dra. Indien die gids die skietstok ken en die lengte is reggestel, kan diejagterbaie vining gereed wees om die sneller te trek.

Daar is verskillende skietstokke op die mark en elkeen van hulle kan effektief aangewend word om die jagter instaat te stel om ‘n beter skoot te skiet. Die ‘4DEADHOLD’ skietstok wat deur Pieter van den Berg ontwerp is en versprei word is ‘n ware ‘dooierus’ wat feitlik onder enige jagomstandighede gebruik kan word. Self op die skietbaan kan die ‘4DEADHOLD’ baie effektief aangewend word want hy doen wat sy naam sê – hy is ‘n dooierus.

4Deadhold skietstokke was ontwerp om aan die jagter en skut 'n alles in een stok te bied, om te gebruik vir stapjag in die staan posisie asook voorsit jag in die sit posisie. Die stok verstel baie vinnig en die 'flip-locks' is vinnig en baie doeltreffend. Daar is nie gaatjies in die bene wat fluit in die wind nie, en die stok kan presies verstel om by die lengte van die jagter aan te pas.

Die stok verstel tussen 77cm en 177cm, dus is dit geskik vir kort persone (selfs die jonger geslag) asook manne van 2m lank.

Dis gemaak van premium 'fluted' aluminium pyp wat sterker as normale ronde pyp is.

Die totale gewig van die stok is maar 1020 gram, wat baie lig is om in die veld te gebruik, jy stel hom op die regte hoogte en stap gemaklik daarmee.

Dit is maklik om die ‘4Dead Hold’ skietstok te gebruik, jy moet net alles regstel vooraf sodat jy nie sukkel as die rooibok vir jou staan en kyk nie. Eerstens moet jy die regte hoogte bepaal wat jou in ‘n gemaklike skietposissie sal plaas. Gelukkig is daar nommers op elke been aangebring, so as jy dit eenkeer gedoen het sal jy presies weet hoe om dit vir die volgende jag-, of skietsessie te stel. Plaas die voorarmsgreep op die voorste staander wat breed genoeg is sodat jy jou geweer so effens links en regs kan beweeg. Hierdie kop is met rubber oorgertek en sal verseker nie jou kolf beskadig nie. Plaas die kolf, net agter die pistoolgreep, op die agterste kop van die skietstok wat ook met rubber oorgetrek is. Op hierdie plek sal dit stewige pas. Om nou hoër of laer te mik moet jy net die skietstok vorentoe of agtertoe druk. Vir sywaardse bewegings kan die voorarm greep net links of regs geskuif word. Die stok kan ook gebruik word om bewegende diere te volg deur sleg die een voet van die stok effe op te lig en dan op die een been te draai op die staande voet om steeds deur jou teleskoop die jou oog op die teiken te hou. Oefen dit ‘n paar keer net voordat jy jagveld toe gaan sodat wanneer jy die skietstok neersit jy dadelik reg is met jou geweer. Jy kan self die skietstok op jou hoogte stel voor jy die veld aandurf en dit as ‘n stapstok gebruik om jou op ruwe terrein te stut. Die stok is baie vinnig om self oop te vou en bykans geen tyd word verspil wanneer jy moet aanlê vir die doodskoot nie.

Nadat jy die ‘4DeadHold’ skietstok eenkeer gebruik het, gaan jy vir jou beste jagvriende ook daarvan vertel . Steek dan net joune weg want so ‘n gawe ding verdwyn maklik! Ek dink ook dat jagtersverenings na hierdie skietstok moet kyk en dit onder hul lede promoveer want dit is tog een van die ideale van enige vereniging – om sy lede instaat te stel om beter te skiet en kwesskote tot die minimum te beperk. Verantwoordelike jag moet tog op die einde van die dag elke jagter se doelwit wees.

Besoek www.4deadhold.com vir enige inligting of navrae.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *